Click on the images on this web-site to view full size image
'n koppie tee saam met Annatjie....
Annatjie Reynolds, the Doyen of Karoo Cookery deserves her rightful place here on the Richmond Web-site.
Op die plaas NIEUWEFONTEIN met Annatjie Reynolds
Leer ken die veelsydigheid van wildsvleis. Wildsvleis was lank slegs gebruik vir die maak van biltong en droëwors...

Met wenke en resepte wil ek graag aan wildsvleis sy glorie gee. Enige snit kan sappig en sag voorberei word. Dit is belangrik om die karkas en snitte te ken en te weet watter snit jy moet kies om ? sekere gereg te berei. Die beste kok kan niks met swak vleis uitrig nie.
 
Vooroordele ten opsigte van wildsvleis, soos dat dit taai en droog is en dit lank duur om gaar te maak, is dikwels te wyte aan ? gebrek aan kennis en ervaring.


Wilds - Schnitzel
Gebruik prima snitte uit die karkas. Ek is te suinig vir my filet, gebruik die binneboudspier , topside, van 'n bokboud.
Sny dun skywe vleis . Ek kap dit liggies met 'n hout vleishamer, dat die skywe lekker dun is, maar die vleisvesels nie beskadig is nie.
Bedek die vleisskyf goed met gegeurde koekmeelblom, doop dan in geklitste eier en bedek met tuisgemaakte, droee broodkrummels.
Laat vir ongeveer 1 uur in die yskas.
Braai vinnig in warm olie tot net gaar en goudbruin.
Dreineer en bedien met aartappelwiggies, 'n suurlemoenskyf en vars, groen slaai.

Soetsuurdeeg Brood
Kobus wou altyd graag dat ek sy ma se Soetsuurdeeg Brood probeer, maar ek het my neus opgetrek. (Arogansie van die jeug maak mens dom!) Gisteraand my swaar emaljekastrolletjie op die Aga se lou plaat gesit..proefneming. Spesiaal vir Dine se Boerekos. Vanoggend kombuis toe gehol om te kyk - die meelmengsel skuim!!! Vinkie gaan later die meel inknie....
Vanaand sop met regte botter en die eerste biltong van die jaar.
Uit Kook en Geniet"Soetsuurdeeg word nie van 'n giskoekie of krummels gemaak nie, maar die mengsel van meel, sout en vloeistof word oornag by 'n egalige louwarm temperatuur gehou en is die volgende oggend gereed vir gebruik. 'n Aartappel kan ook bygevoeg word, maar is nie gebruklik nie. "
Ontbeende Springbokboud.
Gepekel vir een dag. Vanmiddag gerook in my AMC Paella pan. Omtrent 1h 15 min gerook tot 6o gradeC. Medium rare. Laat koud word. More met mosterdsous bedien met tuisgemaakte mosterdsous en varsgebakte brood. Plus roketblare en avo en wat jy kies om te geniet.......
Karoo Wildsvleis

ʼn Unieke Leefstyl ervaring. Kom kyk, kook, leer en doen saam met Annatjie in haar slaghuis en kombuis soos op hul Karooplaas. Alles wat jy prakties wil toepas uit hierdie spesialis resepteboek oor wildsvleis.
 
7 de druk, in Afrikaans en Engels beskikbaar.

Kursus inhoud
 
Bespreek jagwenke, rypmaking, bevriesing
Snitkaart en gaarmaakmetodes
 Nek en skenkels
 Blad en rib
 Rugsnitte
 Boud, heel en ontbeen
 Boud, blokkies en repies
 Maalvleis, fynvleis en stowevleis
 tong, lewer en niere
 biltong en wors
 pekeling en beroking
 Marinades, lardering en bardering
 Ontbening van verskillende snitte

All Photographs and text on this page are with the courtesy of Annatjie Reynolds.
The Karoo region in South Africa has a strong reputation and strong image and has become synonymous with quality, tradition and wholesomeness. It is part of South Africa's image and a real treasure.The name "Karoo" is increasingly used as a brand, signifying space, emptiness and purity.
Op die plaas NIEUWEFONTEIN met Annatjie Reynolds

Leer ken die veelsydigheid van wildsvleis. Wildsvleis was lank slegs gebruik vir die maak van biltong en droëwors...

Met wenke en resepte wil ek graag aan wildsvleis sy glorie gee. Enige snit kan sappig en sag voorberei word. Dit is belangrik om die karkas en snitte te ken en te weet watter snit jy moet kies om ? sekere gereg te berei. Die beste kok kan niks met swak vleis uitrig nie.
 
Vooroordele ten opsigte van wildsvleis, soos dat dit taai en droog is en dit lank duur om gaar te maak, is dikwels te wyte aan ? gebrek aan kennis en ervaring.
 
Vir Kursusdatums vir 2013 kontak Annatjie: e-pos:annatjie.r@vodamail.co.za
 
Oktober- Richmond Boekefees datum en besonderhede sal deurgegee word aan belangstellendes
 Kostes
 
R3200.00 pp

Sluit in: Karoo Wildsvleis resepteboek, verblyf, 2 x etes per dag en wyn met ete! (Bring asb. eie as spesiale voorkeure vir eet en drink)
 Ontbeende snitte e.a. sal saamgegee word om huis toe te neem.
20% deposito betaalbaar met bespreking
 Verblyf
 
In ? basies gemeubeleerde plaashuis. Slaapplek vir 6 met linne en warm water vir stort en bad. Geen elektrisiteit in die dag, kragopwekker aan vanaf 5h30. Gas yskas , gasstoof, toegeruste kombuis. Twee kaggels, verskeie speletjies en boeke. Baie stapruimte - bring jou eie voete!
 


Ek sien uit om jou in my Karoo Kombuis te verwelkom!


Vir meer inligting oor kursusse aangebied deur Annatjie: annatjie.r@vodamail.co.za

Join Annatjie's Group on Facebook
Kom Kook en Kuier in die Karoo
Uhr fur homepage html clock